Boks: Alle paaie lei vanaand na Otji

Drie kampioenskapsgevegte van die Wêreld Boksvereniging vind vanaand by die Paresis-sportkompleks op Otjiwarongo plaas. MTC Salute Boxing Academy se uitvoerende voorsitter, Kiriata Kamanya, sê 36 bokswedstryde sal plaasvind. Die hoofgeveg is tussen Namibiese veergewig-bokser, Nathanael ‘Natty’ Kakololo en die Tanzaniër Kasimu Hamad Hai om die kampioen van die Wêreld Boks-vereniging se Pan-Afrika-titel te bepaal. Die Otjozondjupa-streeksgoewerneur, James Uerikua, is die beskermheer van die Uerikua Champions Collide Boxing Bonanza. Uerikua gesels met Kosmos 94.1 Nuus.