Ramaphosa kap diegene wat sê regering het niks om te wys

Suid-Afrikaanse President Cyril Ramaphosa het die regering se pogings om armoede, werkloosheid en ongelykheid uit te skakel, verdedig. Ramaphosa het die jaarlikse Black Business Council-spitsberaad-ete in Midrand bygewoon. Hy sê mense moet eerder sê die glas is half-vol, nie leeg nie. Hy sê dit is onregverdig om te sê die regering het na 28 jaar niks om te wys nie, terwyl die land die derde-grootste steenkoolmaatskappy ter wêreld het wat deur swartmense besit en bestuur word. Daarby sê Ramaphosa die regering het toegang tot vaardighede, markte, finansies en geleenthede uitgebrei.