Sokker: SA word wel verteenwoordig by Wêreldbeker

Sokker: Victor Gomes en Zakhele Siwela sal Suid-Afrika later vanjaar as wedstryd-beamptes by die 2022 Wêreldbeker in Katar verteenwoordig. Gomes, wat in beheer was van vanjaar se onstuimige Afrika-nasiesbeker-eindstryd tussen Senegal en Egipte, is een van die 36 skeidsregters. Siwela, wat ook op die kantlyn aan diens was in die eindstryd, is een van 69 assistent-skeidsregters. Die toernooi skop op 21 November af.