Finansiële Intelligensie Sentrum onderskep kriminele opbrengste van N$142,2 miljoen

Die Finansiële Intelligensie Sentrum het kriminele opbrengste ter waarde van 142,4 miljoen Namibiese dollar gedurende die 2020/21 boekjaar onderskep en gehelp om dit te verhaal. Dit het ook verdagte transaksies 3,8 miljard dollar geanaliseer, wat nog deur verskeie wetstoepassings-agentskappe ondersoek word. Die sentrum het bygedra tot die verbeuring van bates ter waarde van 7,7 miljoen dollar en dit het gelei tot 10 kriminele skuldigbevindings, terwyl 67 sake nog hangend is. Agt voertuie van 17,7 miljoen is in 2021 aan die staat verbeur, asook ‘n huis van 2 miljoen dollar.