Agra spog met nuwe, groter tak op Okahandja

Die nuwe en verbeterde Agra-tak op Okahandja is vandag amptelik herbekendgestel. Die Agra Okahandja-tak is nou amptelik die grootste Agra-tak buite Windhoek. Die ontwikkeling bestaan nou uit die nuwe tak van 1 470 vierkante meter, ‘n nuwe voer-stoor van 1 000 vierkante meter en die geplaveide erf spog met ‘n oppervlakte van 4 750 vierkante meter. Die nuwe Agra-tak is oorkant die straat van sy vorige perseel in Martin Neibstraat geleë.