Maties se eksamens met een week uitgestel

Die Universiteit Stellenbosch het die eerste semester se eksamens met een week uitgestel. Die universiteit sê in ‘n verklaring die besluit is gemaak na aanleiding van die emosionele trauma wat gebeurtenisse op die kampus die afgelope week op studente kon hê. Die spertyd vir vir take sal ook met ‘n week uitgestel word en die eksamens begin nou eers op Maandag 30 Mei. Talle Namibiërs studeer op Maties.