NWR-baas beaam toerisme tel op

Die besturende direkteur van Namibia Wildlife Resorts, dr. Matthias Ngwangwama, het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê dat die toerismebedryf wat erg deur die Covid-pandemie geraak is, stadig herstel omdat lande nou beter geposisioneer is om die uitbreking beter te hanteer. Volgens die Gasvryheidsvereniging van Namibië was die algemene nasionale kamerbesetting in April meer as 36,5 persent, in vergelyking met die 27 persent in April verlede jaar. Ngwangwama het egter gesê die styging in kamerbesettings in April moet met omsigtigheid gesien word …