Indongo Toyota ondersteun meisies van Dagbreek Spesiale Skool

Indongo Toyota het sanitêre doekies aan die Dagbreek Spesiale Skool in Windhoek oorhandig. Talle Namibiese meisies is dikwels afwesig by skole, omdat hulle nie sanitêre doekies kan bekostig nie. Die Indongo Toyota-groep se bemarkingsbestuurder, Robin Smith, sê sy hoop elke meisie in nood kan gehelp word.