Samoa verneder Blitsbokke in Franse Sewes

Rugby: Die Blitsbokke het die eerste keer sedert 2013 nie die kwarteindronde van ‘n Sewes-toernooi gehaal nie. Hulle het gister ‘n nederlaag van 19-7 teen Samoa in ‘n groepwedstryd gely op die tweede dag van die Franse Sewes-toernooi. Die Springbok-Sewes het ook op die openingsdag ‘n geskiedkundige nederlaag teen Ierland gely. Hulle het Japan gistermiddag […]

Read More

Namibiese gesondheidsministerie waarsku oor vyfde Covid-vlaag

Namibië is in sy vyfde Covid-vlaag, waarsku die Namibiese gesondheidsministerie wat een sterfgeval van ‘n vrou in Windhoek aangemeld het. Daar is 521 nuwe Covid-gevalle uit 2 368 toetsuitslae aangemeld, wat ‘n positiewe koers van 22 persent verteenwoordig. In die groep is 116 leerders van verskillende skole, 19 onderwysers, 17 studente en 15 gesondheidswerkers. Daar is nou 2 733 […]

Read More

Beitbrug-grenspos is brandpunt vir smokkelary

Die polisiekommissaris in Limpopo, Thembi Hadebe, sê ‘n misdaadvoorkomingsveldtog is by die Beitbrug-grenspos uitgevoer om die smokkelary in gesteelde goedere hok te slaan. Hadebe sê die polisie het ‘n toename in die smokkel van voertuie en onwettige sigarette van die Suid-Afrikaanse en Zimbabwiese kant van die grens opgemerk. Sy voeg by wetstoepassingsagentskappe gaan steeds padblokkades […]

Read More

Koningin Elizabeth gee agt plekke stadstatus

Agt nuwe stede is geskep as deel van die feesvieringe vir Koningin Elizabeth se platinum jubileum-vieringe wat oor twee weke plaasvind. Die kabinetskantoor het aangekondig dat die hoofstad van die Falkland-eilande onder die agt plekke is om gesogte stadstatus te verwerf, saam met Bangor in Noord-Ierland, Douglas op die kroon-afhanklikheid van die eiland Man, Colchester, […]

Read More

Zimbabwe wen Eagles met agt paaltjies in derde T20

Zimbabwe het die Richelieu Eagles in die derde Internasionale T20-krieketwedstryd in Bulawayo met agt paaltjies en 17 oorblywende balle gewen. Namibië het eerste gekolf en 128 lopies vir die verlies van 8 paaltjies in 20 boulbeurte aangeteken, waarna Zimbabwe amok gesaai en nou twee-een in die reeks voorloop. Zane Green het ‘n mylpaal bereik met sy 50ste wedstryd […]

Read More

Geingob: Beleggers in olie- en gassektor welkom

President Hage Geingob het tydens ‘n hoflikheidsbesoek van ‘n afvaardiging van Saoedi-Arabië gesê die regering verwelkom potensiële beleggers, veral diegene wat ondervinding het in die olie- en gassektor. Die adviseur van die koninklike hof van Saoedi-Arabië Ahmed Kattan en sy afvaardiging het ‘n hoflikheidsbesoek aan Geingob by Staatshuis afgelê. Kattan en sy afvaardiging se besoek […]

Read More

Skrootmetaalbeleid ontwikkel om kragnetwerk in SA te beskerm

Die Suid-Afrikaanse handelsminister, Ebrahim Patel, sê die regering ontwikkel ‘n konsepbeleid oor skrootmetaal wat poog om die land se krag- en spoornetwerk teen skrootmetaalsindikate te beskerm. Patel het in sy departement se begrotingsrede vir 2022/23 gesê die konsepbeleid sal teen einde Julie ontwikkel en ter tafel gelê word. Patel sê die vennootskap met die minister […]

Read More

Noord-Koreane moet soutwater, kruietee teen Covid-19 drink

Noord-Korea, die land wat sy grense in 2020 gesluit het na die uitbreking van die Covid-pandemie, het vandeesweek ‘n rekordgetal Covid-19-gevalle aangemeld. Die regering, wat niemand teen Covid-19 ingeënt het nie, raai landsburgers egter aan om soutwater en kruietee te drink as alternatiewe middels om die pandemie te bekamp. Vir diegene wat nie ernstig siek […]

Read More

Katutura Ekspo vind einde Augustus plaas

Die Katutura Ekspo vind vanjaar vanaf 31 Augustus tot 3 September by die Sam Nujoma-stadion in Katutura in die hoofstad plaas. Katutura-sentraal-kiesafdeling se raadslid, Rodman Katjaimo het die Katutura Ekspo amptelik in die hoofstad bekendgestel. Hy het gesê ondanks die negatiewe impak van die Covid-pandemie op besighede, sal die Katutura Ekspo vanjaar weer voortduur en […]

Read More

Geingob: Swapo-lede moet trots wees op hul lidmaatskap

Die Swapo-party hou tans sy sentrale komitee-vergadering in die hoofstad. President Hage Geingob, president van die Swapo-party, het ‘n beroep op partylede gedoen om trots te wees op hul lidmaatskap aangesien Swapo die enigste party is wat vir die bevryding van Namibië geveg het. Geingob het lede by die amptelike opening van die sentrale komitee […]

Read More