Geingob: Swapo-lede moet trots wees op hul lidmaatskap

Die Swapo-party hou tans sy sentrale komitee-vergadering in die hoofstad. President Hage Geingob, president van die Swapo-party, het ‘n beroep op partylede gedoen om trots te wees op hul lidmaatskap aangesien Swapo die enigste party is wat vir die bevryding van Namibië geveg het. Geingob het lede by die amptelike opening van die sentrale komitee toegespreek en gesê hy is teleurgesteld dat sommige lede skaam is vir die party, omdat hulle bespot is deur opposisiepartye, wat hulle aan die kant van die koloniale meesters geskaar het.