Katutura Ekspo vind einde Augustus plaas

Die Katutura Ekspo vind vanjaar vanaf 31 Augustus tot 3 September by die Sam Nujoma-stadion in Katutura in die hoofstad plaas. Katutura-sentraal-kiesafdeling se raadslid, Rodman Katjaimo het die Katutura Ekspo amptelik in die hoofstad bekendgestel. Hy het gesê ondanks die negatiewe impak van die Covid-pandemie op besighede, sal die Katutura Ekspo vanjaar weer voortduur en klein- en medium ondernemings bevorder.