Skrootmetaalbeleid ontwikkel om kragnetwerk in SA te beskerm

Die Suid-Afrikaanse handelsminister, Ebrahim Patel, sê die regering ontwikkel ‘n konsepbeleid oor skrootmetaal wat poog om die land se krag- en spoornetwerk teen skrootmetaalsindikate te beskerm. Patel het in sy departement se begrotingsrede vir 2022/23 gesê die konsepbeleid sal teen einde Julie ontwikkel en ter tafel gelê word. Patel sê die vennootskap met die minister van openbare ondernemings, Pravin Gordhan, bring Eskom, Transnet en ander entiteite bymekaar om samewerking, gevorderde beplanning en probleemoplossings-projekte te verbeter.