Samoa verneder Blitsbokke in Franse Sewes

Rugby: Die Blitsbokke het die eerste keer sedert 2013 nie die kwarteindronde van ‘n Sewes-toernooi gehaal nie. Hulle het gister ‘n nederlaag van 19-7 teen Samoa in ‘n groepwedstryd gely op die tweede dag van die Franse Sewes-toernooi. Die Springbok-Sewes het ook op die openingsdag ‘n geskiedkundige nederlaag teen Ierland gely. Hulle het Japan gistermiddag met 40-0 in die halfeindronde vir die negende plek geklop, met die nuweling Dalvon Blood wat ‘n driekuns behaal het. Die Suid-Afrikaners speel vandag in die halfeindstryd om die negende plek in die toernooi.