Zimbabwe wen Eagles met agt paaltjies in derde T20

Zimbabwe het die Richelieu Eagles in die derde Internasionale T20-krieketwedstryd in Bulawayo met agt paaltjies en 17 oorblywende balle gewen. Namibië het eerste gekolf en 128 lopies vir die verlies van 8 paaltjies in 20 boulbeurte aangeteken, waarna Zimbabwe amok gesaai en nou twee-een in die reeks voorloop. Zane Green het ‘n mylpaal bereik met sy 50ste wedstryd vir Namibië. Die Eagles en Zimbawe speel vanmiddag die vierde T20-wedstryd.