Noord-Koreane moet soutwater, kruietee teen Covid-19 drink

Noord-Korea, die land wat sy grense in 2020 gesluit het na die uitbreking van die Covid-pandemie, het vandeesweek ‘n rekordgetal Covid-19-gevalle aangemeld. Die regering, wat niemand teen Covid-19 ingeënt het nie, raai landsburgers egter aan om soutwater en kruietee te drink as alternatiewe middels om die pandemie te bekamp. Vir diegene wat nie ernstig siek is nie, is gemmertee en ‘n wilgerblaardrankie aanbeveel. ‘n Duisend ton sout is volgens berigte na Pyongyang gestuur om ‘n antiseptiese oplossing te maak, het die staatsnuus-agentskap berig.