Geingob: Beleggers in olie- en gassektor welkom

President Hage Geingob het tydens ‘n hoflikheidsbesoek van ‘n afvaardiging van Saoedi-Arabië gesê die regering verwelkom potensiële beleggers, veral diegene wat ondervinding het in die olie- en gassektor. Die adviseur van die koninklike hof van Saoedi-Arabië Ahmed Kattan en sy afvaardiging het ‘n hoflikheidsbesoek aan Geingob by Staatshuis afgelê. Kattan en sy afvaardiging se besoek aan Namibië is om maniere te bespreek om beleggingsgeleenthede, samewerking en ontwikkeling tussen die twee lande te bevorder. Geingob het ook Namibië se ondersteuning aan Saoedi-Arabië gegee vir sy bod om die Ekspo 2030 aan te bied. Die ander lande wat meeding om dié internasionale ekspo aan te bied is Rusland, Suid-Korea en Italië.