Beitbrug-grenspos is brandpunt vir smokkelary

Die polisiekommissaris in Limpopo, Thembi Hadebe, sê ‘n misdaadvoorkomingsveldtog is by die Beitbrug-grenspos uitgevoer om die smokkelary in gesteelde goedere hok te slaan. Hadebe sê die polisie het ‘n toename in die smokkel van voertuie en onwettige sigarette van die Suid-Afrikaanse en Zimbabwiese kant van die grens opgemerk. Sy voeg by wetstoepassingsagentskappe gaan steeds padblokkades oprig om onwettige bedrywighede in Musina en die gebied rondom die grenspos te bekamp.