Universiteit Stellenbosch regverdig uitstel van eksamens
Die Universiteit Stellenbosch sê hy moes optree ná die onlangse voorvalle wat die universiteit geskud en talle studente getraumatiseer het. Die universiteit, waar talle Namibiese studente studeer, het sy semester-eksamens met ‘n week uitgestel. Theuns du Toit is verlede week geskors na ‘n video van hom wat op ‘n swart student se besittings urineer, op sosiale media versprei is. […]
Oekraïne: Meer as 22 miljoen graan kan nie uitgevoer word
Altesaam 22 miljoen ton graan kan nie uit die Oekraïne gevoer word nie weens Rusland se blokkade van hawens, sê President Volodymyr Zelensky. Amerikaanse President Joe Biden het voorheen gesê Rusland se optrede kan só massa-hongersnood wêreldwyd veroorsaak. Intussen het die Afrika Ontwikkelingsbank ‘n nood-voedselproduksie-fasiliteit van 1,5 biljoen Amerikaanse dollar op die vasteland goedgekeur. Dit […]
Orlando Pirates bring R10 miljoen huis toe
Sokker: Orlando Pirates het 10 miljoen Suid-Afrikaanse rand huis toe gebring na hulle die tweede plek in die CAF-Konfederasiebeker in Nigerië behaal het. Indien hulle as die kampioene gekroon sou word, sou die Buccaneers 20 miljoen rand ryker gewees het. Hulle is Vrydag in die eindstryd in Uyo teen RS Berkane met 5-4 in ‘n […]
Namibiese verdedigingsministerie werf nog nie rekrute
Inligting word op sosiale media gedeel dat die Namibiese verdedigingsministerie ‘n beroep op jong Namibiërs doen om vir werk aansoek te doen. Die ministerie se woordvoerder, Kolonel Petrus Shilumbu, het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê dat die ministerie nog nie aansoeke vir nuwe rekrute ontvang nie. Hy doen ‘n beroep op die publiek om geduldig […]
Sneeu val in Lesotho, oorstromings in KwaZulu- Natal
Die Suid-Afrikaanse Weerdiens sê die kouefront wat oor suidelike Afrika beweeg het veroorsaak dat temperature in sommige dele tot onder vriespunt gedaal het. Dele van KwaZul-Natal en Lesotho het swaar sneeu aangeteken, terwyl ander gedeeltes van die land nat weer ondervind. KwaZulu-Natal se rampbestuurspanne is intussen ontplooi te midde van nog swaar reën en oorstromings.
Opposisie wen Australiese verkiesing
Die leier van die Arbeidersparty in Australië, Anthony Albanese, sê hy wil die land verenig na hy die opposisie tot ‘n oorwinning vir die eerste keer sedert 2007 gelei het. Scott Morrison het die handdoek ingegooi in gister se verkiesing. Waarnemers sê die Arbeiders sal dalk op die steun van kleiner onafhanklike partye, insluitend die […]
Stormers verseker tuis-kwarteindstryd met sege oor Scarlets
Rugby: Die Stormers het ‘n laat bonuspunt-oorwinning teen die Scarlets in Wallis behaal om die span ‘n kwarteindstryd op sy tuisveld in die Verenigde Rugby-kampioenskap te verseker. Die oorwinnng van 26-21 het die Stormers die eerste wenners van die kompetisie se SA-skild gemaak omdat hulle in die boonste vier spanne geëindig het. In nog ‘n wedstryd in Wallis het […]
Namibië vir die eerste keer uitgenooi na Wêreld Ekonomiese Forum
Namibië is vir die eerste keer ooit genooi om aan die Wêreld Ekonomiese Forum deel te neem wat tot 26 Mei in Davos, Switserland, plaasvind. President Hage Geingob vertrek vanoggend waar hy sal aansluit by meer as 2 000 leiers in die ski-oord van Davos. Hy sal die Namibiese afvaardiging na een van die mees hoëprofiel-vergaderings van […]
Verregse bomplanter nou in Namibiese tronk
‘n Verregse bomplanter wat in die 1990’s in Suid-Afrika lewenslank tronk toe gestuur is vir sy aandeel in ‘n ontploffing waarin vier mense dood is, het dieselfde dag waarop hy op parool vrygelaat is, oor die grens na Namibië gevlug, berig Rapport. Jan (Voetbôl) van der Westhuizen, die baasbrein agter die Oukersdag-bomontploffing in Worcester in […]
Dirco verwerp berigte van Isis-vegters wat na SA terugkeer
Die departement van internasionale betrekkinge in die buurland het bewerings weerlê dat voormalige Islamitiese Staat-vegters na Suid-Afrika gaan terugkeer. Die departement sê koerantberigte wat beweer Dirco het die repatriasie van honderde Isis-vegters gefasiliteer, is onwaar en is ‘n verbreking van die perskode. ‘n Woordvoerder van Dirco, Clayson Monyela, sê die Suid-Afrikaanse ambassade in Sirië monitor […]