Orlando Pirates bring R10 miljoen huis toe

Sokker: Orlando Pirates het 10 miljoen Suid-Afrikaanse rand huis toe gebring na hulle die tweede plek in die CAF-Konfederasiebeker in Nigerië behaal het. Indien hulle as die kampioene gekroon sou word, sou die Buccaneers 20 miljoen rand ryker gewees het. Hulle is Vrydag in die eindstryd in Uyo teen RS Berkane met 5-4 in ‘n strafdoelstryd uitgeskakel. Die uitslag beteken Suid-Afrika is steeds sonder die CAF-Konfederasiebeker trofee nadat Pirates ook in 2015 die eer misgeloop het en Supersport se nederlaag in die eindstryd in 2017.