Sneeu val in Lesotho, oorstromings in KwaZulu- Natal

Die Suid-Afrikaanse Weerdiens sê die kouefront wat oor suidelike Afrika beweeg het veroorsaak dat temperature in sommige dele tot onder vriespunt gedaal het. Dele van KwaZul-Natal en Lesotho het swaar sneeu aangeteken, terwyl ander gedeeltes van die land nat weer ondervind. KwaZulu-Natal se rampbestuurspanne is intussen ontplooi te midde van nog swaar reën en oorstromings.