Stormers verseker tuis-kwarteindstryd met sege oor Scarlets

Rugby: Die Stormers het ‘n laat bonuspunt-oorwinning teen die Scarlets in Wallis behaal om die span ‘n kwarteindstryd op sy tuisveld in die Verenigde Rugby-kampioenskap te verseker. Die oorwinnng van 26-21 het  die Stormers die eerste wenners van die kompetisie se SA-skild gemaak omdat hulle in die boonste vier spanne geëindig het. In nog ‘n wedstryd in Wallis het die Leeus teruggeveg en hulle laaste wedstryd op ‘n hoë noot afgesluit met ‘n oorwinning van 21-11 oor die Dragons. Die Bulle het die Ospreys Vrydag met 38-31 geklop. Die Haaie het ongelukkig die naweek se uitslae bederf deur met 24-21 teen Ulster te verloor.