Namibiese verdedigingsministerie werf nog nie rekrute

Inligting word op sosiale media gedeel dat die Namibiese verdedigingsministerie ‘n beroep op jong Namibiërs doen om vir werk aansoek te doen. Die ministerie se woordvoerder, Kolonel Petrus Shilumbu, het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê dat die ministerie nog nie aansoeke vir nuwe rekrute ontvang nie. Hy doen ‘n beroep op die publiek om geduldig te wees totdat die ministerie bepaal het hoeveel rekrute nodig sal wees.