Opposisie wen Australiese verkiesing

Die leier van die Arbeidersparty in Australië, Anthony Albanese, sê hy wil die land verenig na hy die opposisie tot ‘n oorwinning vir die eerste keer sedert 2007 gelei het. Scott Morrison het die handdoek ingegooi in gister se verkiesing. Waarnemers sê die Arbeiders sal dalk op die steun van kleiner onafhanklike partye, insluitend die Groenes, moet staatmaak. Dié groepe het die steun van kiesers gewerf wat omgekrap is oor die gebrek aan optrede om klimaatsverandering te beveg, ná van die ergste vloede en mees vernietigende brande Australië getref het.