Namibië vir die eerste keer uitgenooi na Wêreld Ekonomiese Forum

Namibië is vir die eerste keer ooit genooi om aan die Wêreld Ekonomiese Forum deel te neem wat tot 26 Mei in Davos, Switserland, plaasvind. President Hage Geingob vertrek vanoggend waar hy sal aansluit by meer as 2 000 leiers in die ski-oord van Davos. Hy sal die Namibiese afvaardiging na een van die mees hoëprofiel-vergaderings van wêreldleiers lei. Namibië is op uitnodiging van Klaus Schwab, die stigter en uitvoerende hoof-voorsitter van die Wêreld Ekonomiese Forum, om ons groen waterstof-potensiaal en -strategieë ten toon te stel.