Oekraïne: Meer as 22 miljoen graan kan nie uitgevoer word

Altesaam 22 miljoen ton graan kan nie uit die Oekraïne gevoer word nie weens Rusland se blokkade van hawens, sê President Volodymyr Zelensky. Amerikaanse President Joe Biden het voorheen gesê Rusland se optrede kan só massa-hongersnood wêreldwyd veroorsaak. Intussen het die Afrika Ontwikkelingsbank ‘n nood-voedselproduksie-fasiliteit van 1,5 biljoen Amerikaanse dollar op die vasteland goedgekeur. Dit is om ‘n dreigende voedselkrisis te voorkom wat deur Rusland se inval in die Oekraïne veroorsaak is.