Tsonga se tennisloopbaan van 18 jaar eindig by Franse Ope

Tennis: Die Fransman, Jo-Wilfried Tsonga, se loopbaan van 18 jaar het met ‘n nederlaag by die Franse Ope tot ‘n einde gekom. Die tweemalige halfeind-deelnemer het in die eerste ronde in Parys met 6-7, 7-6, 6-2 en 7-6 die knie gebuig teen Noorweë se wêreld-nommer-agt, Casper Ruud. Tsonga word die afgelope paar jaar deur beserings […]

Read More

Onderhandelinge oor salarisverhogings vir staatsamptenare bereik amptelik ‘n dooiepunt

Volgens die Namibiese Vakbond vir Staatsdienswerkers, Napwu, en die Namibiese Nasionale Onderwysersunie, Nantu, het onderhandelinge oor salarisverhogings,die eerste in vyf jaar, nou amptelik ‘n dooiepunt bereik. Napwu se algemene sekretaris, Petrus Nevonga, het aangekondig dat die kantoor van die arbeidskommissaris ’n sertifikaat van ‘n onopgeloste geskil uitgereik het. Nantu se sekretaris-generaal, Loiude Shaanika, was ook […]

Read More

Naledi Pandor besoek eweknie van Egipte

Die Suid-Afrikaanse departement van internasionale betrekkinge het bevestig minister Naledi Pandor sal vandag ‘n werksbesoek aan Egipte bring. Sy sal saam met die land se minister van buitelandse sake, Sameh Shouktry, mede-voorsitters wees van die negende Suid-Afrika-Egipte Gesamentlike Kommissie oor Samewerking. Die besoek sal na verwagting ruimte skep vir oorlegpleging oor kwessies van vastelandse en […]

Read More

Londense burgemeester sê partytjiefoto’s van premier is verdoemend

Londen se burgemeester, Sadiq Khan, sê die foto’s van eerste minister Boris Johnson waar hy in November 2020 tydens die inperking ‘n drankie vashou by ‘n partytjie in Downingstraat, wys dalk hy is skuldig. Die metro-polisie het personeellede wat die geleentheid bygewoon het, beboet, maar Johnson het egter skotvry daarvan afgekom. Khan het aan die […]

Read More

Fifa-president by WEF: Sport verenig

Sokker: Fifa se president, Gianni Infantino, het herhaal hy glo in die sport se vermoë om op ‘n wêreldwye skaal te genees en te verenig. Hy het gepraat tydens ‘n paneelbespreking by die Wêreld Ekonomiese Forum in Davos, Switserland. Infantino beskryf vanjaar se Wêreldbekertoernooi in Katar as ‘n geleentheid nadat die Covid-pandemie en wêreldwye konflik […]

Read More

Brandstofprys vir Junie word Vrydag aangekondig

Die Namibiese ministerie van myne en energie gaan Vrydagoggend om tienuur die brandstofpryse vir Junie bekend maak. Die nuwe brandstofpryse sal op 1 Junie van krag wees. Dit is deur die ministerie se woordvoerder, Andreas Simon, aan Kosmos 94.1 Nuus bevestig.

Read More

Nepsawu verwag beter loonaanbod van regering

Die Suid-Afrikaanse staatsdiens-vakbond Nepsawu sê hulle gaan hul man staan met betrekking tot hul voorstel vir ‘n salarisverhoging van 10-persent. Die regering het tot dusver die voorstel verwerp en ‘n kontantbedrag van 1 000 Suid-Afrikaase rand ná belasting aangebied. Nepsawu se woordvoerder, Reuben Maleka, sê die regering se aanbod is nie genoeg nie.

Read More

Massa-skietvoorval in Texas eis lewens van 19 laerskoolkinders

Altesaam 19 laerskoolleerlinge en twee onderwysers is Dinsdag doodgeskiet by die Robb Elementary Laerskool in Uvalde, Texas. Die kinder is tussen sewe en tien jaar oud. Die 18-jarige aanvaller is later deur die polisie doodgeskiet. Die motief vir die aanval is nog onbekend. Volgens George Abbott, goewerneur van Texas, was die aanvaller gewapen met ‘n […]

Read More

Bok-haker Joseph Dweba sluit by Stormers aan

Rugby: Die Stormers het die ondertekening van ‘n kontrak met die Springbok-haker, Joseph Dweba, bevestig. Hy het die afgelope twee jaar vir die Franse klub, Bordeaux Bègles, gespeel. Dweba het verlede jaar in Gqeberha in sy enigste toets vir Suid-Afrika teen Argentinië gespeel.  Hy het ‘n drie-jaar kontrak met die Kaapstadse span onderteken. Sy kontrak […]

Read More

Inligtingsminister sê selfoonnetwerk moet na Nkrurenkuru uitgebrei word

Die Namibiese inligtingsminister, dr. Peya Mushelenga, het opdrag aan mobiele netwerkoperateurs gegee om die selfoon-netwerk na Nkurenkuru in die Kavango-Wes-streek uit te brei. Dr. Mushelenga sê die vinnige groei van die bevolking in die dorp, vereis verbeterde netwerkdienste.

Read More