Massa-skietvoorval in Texas eis lewens van 19 laerskoolkinders

Altesaam 19 laerskoolleerlinge en twee onderwysers is Dinsdag doodgeskiet by die Robb Elementary Laerskool in Uvalde, Texas. Die kinder is tussen sewe en tien jaar oud. Die 18-jarige aanvaller is later deur die polisie doodgeskiet. Die motief vir die aanval is nog onbekend. Volgens George Abbott, goewerneur van Texas, was die aanvaller gewapen met ‘n handwapen en nog ‘n geweer. Abott het gesê die aanvaller is ‘n inwoner van Uvalde, Salvador Ramos. Twee polisiebeamptes is ook in die oor-en-weer-skietery met die aanvaller gewond. Die skietvoorval kom minder as ‘n week nadat ‘n aanvaller tien mense in ‘n supermark in Buffalo, New York, doodgeskiet het.