Bok-haker Joseph Dweba sluit by Stormers aan

Rugby: Die Stormers het die ondertekening van ‘n kontrak met die Springbok-haker, Joseph Dweba, bevestig. Hy het die afgelope twee jaar vir die Franse klub, Bordeaux Bègles, gespeel. Dweba het verlede jaar in Gqeberha in sy enigste toets vir Suid-Afrika teen Argentinië gespeel.  Hy het ‘n drie-jaar kontrak met die Kaapstadse span onderteken. Sy kontrak word in Julie van krag om die Stormers se nommer twee posisie te versterk in die afwesigheid van twee ander Bok-hakers. Bongi Mbonambi het verlede jaar by die Haaie aangesluit en Scarra Ntubeni herstel nog van ‘n langtermyn-besering.