Tsonga se tennisloopbaan van 18 jaar eindig by Franse Ope

Tennis: Die Fransman, Jo-Wilfried Tsonga, se loopbaan van 18 jaar het met ‘n nederlaag by die Franse Ope tot ‘n einde gekom. Die tweemalige halfeind-deelnemer het in die eerste ronde in Parys met 6-7, 7-6, 6-2 en 7-6 die knie gebuig teen Noorweë se wêreld-nommer-agt, Casper Ruud. Tsonga word die afgelope paar jaar deur beserings geteister en het feitlik die hele 2020-seisoen weens ‘n rugbesering misgeloop. Hy het in Februarie laas ‘n wedstryd gewen. Die 37-jarige speler sê sy kop en liggaam sê dis tyd om op te hou tennis speel.