Nepsawu verwag beter loonaanbod van regering

Die Suid-Afrikaanse staatsdiens-vakbond Nepsawu sê hulle gaan hul man staan met betrekking tot hul voorstel vir ‘n salarisverhoging van 10-persent. Die regering het tot dusver die voorstel verwerp en ‘n kontantbedrag van 1 000 Suid-Afrikaase rand ná belasting aangebied. Nepsawu se woordvoerder, Reuben Maleka, sê die regering se aanbod is nie genoeg nie.