Brandstofprys vir Junie word Vrydag aangekondig

Die Namibiese ministerie van myne en energie gaan Vrydagoggend om tienuur die brandstofpryse vir Junie bekend maak. Die nuwe brandstofpryse sal op 1 Junie van krag wees. Dit is deur die ministerie se woordvoerder, Andreas Simon, aan Kosmos 94.1 Nuus bevestig.