Fifa-president by WEF: Sport verenig

Sokker: Fifa se president, Gianni Infantino, het herhaal hy glo in die sport se vermoë om op ‘n wêreldwye skaal te genees en te verenig. Hy het gepraat tydens ‘n paneelbespreking by die Wêreld Ekonomiese Forum in Davos, Switserland. Infantino beskryf vanjaar se Wêreldbekertoernooi in Katar as ‘n geleentheid nadat die Covid-pandemie en wêreldwye konflik mense regoor die wêreld afgesonder en verdeel het.