Londense burgemeester sê partytjiefoto’s van premier is verdoemend

Londen se burgemeester, Sadiq Khan, sê die foto’s van eerste minister Boris Johnson waar hy in November 2020 tydens die inperking ‘n drankie vashou by ‘n partytjie in Downingstraat, wys dalk hy is skuldig. Die metro-polisie het personeellede wat die geleentheid bygewoon het, beboet, maar Johnson het egter skotvry daarvan afgekom. Khan het aan die metro-polisie geskryf en gevra hulle moet verduidelik watter faktore in ag geneem is toe besluit is teen watter individuele gevalle hulle gaan optree.