DA: Deel van Pretoria-Sentraal-polisiestasie gaan in duie stort

Die DA sê dele van die Pretoria-Sentraal-polisiestasie verkeer in gevaar om in duie te stort aangesien daar geen onderhoud gedoen is vir minstens 30 jaar nie. Die party-lid, Dorianne Arendse, sê polisiebeamptes en lede van die publiek moet toegang hê tot ‘n polisiestasie wat ten volle voldoen aan die Wet op Beroepsgesondheid en -veiligheid. Arendse […]

Read More

Noord-Korea begin met inentingsveldtog, maar net vir soldate

Noord-Korea wat onlangs eers Covid-gevalle bevestig het, het met ‘n inentingsveldtog begin, maar die enstof is voorlopig net vir sommige soldate beskore. Daar is groot kommer aangewakker oor die gebrek aan mediese hulpbronne en entstowwe in die geïsoleerde land. Noord-Korea het nie gereageer op aanbiedinge van Suid-Korea en die Verenigde State om hulp te stuur […]

Read More

Max Verstappen wil sy voorsprong by Monaco vergroot

Die huidige Formule Een-wêreldkampioen, Max Verstappen, sê hy is vasbeslote om die naweek sy voorsprong in die bestuurderskampioenskap by die Monaco Grand Prix te vergroot. Die Red Bull-bestuurder het die laaste drie wedrenne gewen en het verlede naweek by die Spaanse Grand Prix die vorige voorloper, Charles Leclerc van Ferrari, op die ranglys verbygesteek. Verstappen […]

Read More

Namibiese onderwysministerie reageer op VN se Onderwysberaad

Met inagneming van die wêreldwye onderwys-uitdagings, het die Verenigde Nasies se sekretaris-generaal Antonio Guterres aangekondig dat die Transformasie Onderwysberaad tydens die 77ste sessie van die Verenigde Nasies se Algemene Vergadering in September gehou sal word. Die beraad sal ‘n hoëvlakvergadering wees wat ‘n geleentheid sal bied om groter politieke ambisie te mobiliseer, en die onderwyssektor […]

Read More

SA kabinet: Rassistiese voorvalle hoort nie in demokratiese SA

Die Suid-Afrikaanse kabinet sê die twee rassistiese voorvalle wat by twee Wes-Kaapse onderriginstellings aangemeld is het geen plek in ‘n onafhanklike, demokratiese Suid-Afrika nie. Die kabinet het die week gevra dat ouers hul kinders moet leer om rassisme te verwerp en diversiteit te omhels. Ons korrespondent in Kaapstad, Fritz Platt …

Read More

Openbare Beskermer gee haar redes waarom sy nie geskors moet word

Die Openbare Beskermer in die buurland, Busisiwe Mkhwebane, het aan President Cyril Ramaphosa redes verstrek waarom hy haar nie moet skors hangende die parlementêre ondersoek oor haar geskiktheid vir haar amp nie. Die president het die redes in Maart aangevra nadat die speaker van die Nasionale Vergadering, Nosiviwe Mapisa-Nqakula, bevestig het ‘n Artikel 194-komitee gaan […]

Read More

Brave Warriors aan Afrika Nasies-kampioenskap onttrek

Die FIFA Normaliseringskomitee van die Namibiese Sokkervereniging het die Brave Warriors weens finansiële beperkings aan die Afrika Nasies-kampioenskap, CHAN, onttrek. Die kwalifiserende wedstryde vir dié toernooi skop in Julie af. Met die onsekere stand van die sokkervereniging se geldsake het die Normaliseringskomitee geen ander keuse gelaat nie as om die Brave Warriors aan CHAN te […]

Read More

Veldbrand woed 50 km suid van Gobabis

‘n Veldbrand het 50 km suid van Gobabis in die omgewing van die plaas Yellowbank uitgebreek, het Iris Stehn, ‘n boer in die Nina-omgewing aan Kosmos 94.1 Nuus bevestig. Vrywillige brandslaners is besig om ‘n span bymekaar te maak om die vuur te blus.

Read More

Regshulpsentrum eis ReconAfrica se omgewingsklaringsertifikaat moenie hernu word

Die Regshulpsentrum het in ‘n brief aan die Namibiese omgewingskommissaris, Timoteus Mufeti, geëis dat die Kanadese gas- en oliemaatskappy, ReconAfrica, nie sy omgewingsklaringsertifikaat mag verander of hernu vir sy eksplorasie van die boor van vier boorgate nie. Die Regshulpsentrum het al voorheen aan die omgewingsministerie namens geraakte gemeenskappe in die Kavango-gebied geskryf dat ReconAfrica nie […]

Read More

Museum van Namibiese Mode op Otjiwarongo

Die Museum-vereniging van Namibië en sy vennote, die Gerda Henkel-stigting en die onderwysministerie nooi alle Namibiërs uit nooi om die virtuele bekendstelling van die Museum van Namibiese Mode op 1 Junie by te woon. Die Museum van Namibiese Mode op Otjiwarongo, word amptelik om tien-uur die oggend deur Faustina Caley, die adjunk-onderwysminister bekend gestel. Die […]

Read More