Museum van Namibiese Mode op Otjiwarongo

Die Museum-vereniging van Namibië en sy vennote, die Gerda Henkel-stigting en die onderwysministerie nooi alle Namibiërs uit nooi om die virtuele bekendstelling van die Museum van Namibiese Mode op 1 Junie by te woon. Die Museum van Namibiese Mode op Otjiwarongo, word amptelik om tien-uur die oggend deur Faustina Caley, die adjunk-onderwysminister bekend gestel. Die museum sal oop wees vir die publiek vanaf 8 Junie 2022. Ndapewoshali Ashipala, waarnemende direkteur Museumsvereniging van Namibië gesels met Kosmos 94.1 Nuus.