Regshulpsentrum eis ReconAfrica se omgewingsklaringsertifikaat moenie hernu word

Die Regshulpsentrum het in ‘n brief aan die Namibiese omgewingskommissaris, Timoteus Mufeti, geëis dat die Kanadese gas- en oliemaatskappy, ReconAfrica, nie sy omgewingsklaringsertifikaat mag verander of hernu vir sy eksplorasie van die boor van vier boorgate nie. Die Regshulpsentrum het al voorheen aan die omgewingsministerie namens geraakte gemeenskappe in die Kavango-gebied geskryf dat ReconAfrica nie aan die vereistes van die omgewingsklaringsertifikaat vir hul seismiese navorsing van 450 kilometer voldoen nie.