Brave Warriors aan Afrika Nasies-kampioenskap onttrek

Die FIFA Normaliseringskomitee van die Namibiese Sokkervereniging het die Brave Warriors weens finansiële beperkings aan die Afrika Nasies-kampioenskap, CHAN, onttrek. Die kwalifiserende wedstryde vir dié toernooi skop in Julie af. Met die onsekere stand van die sokkervereniging se geldsake het die Normaliseringskomitee geen ander keuse gelaat nie as om die Brave Warriors aan CHAN te onttrek. Daar sal eerder gefokus word op die Brave Warriors se ander internasionale deelnames aan AFCON 2023 en COSAFA 2022. Die Normaliseringskomitee het afrigter Bobby Samaria en die Brave Warriors na Johannesburg gestuur om sy AFCON 2023-verpligting teen Burundi op 4 Junie 2022 na te kom.