Openbare Beskermer gee haar redes waarom sy nie geskors moet word

Die Openbare Beskermer in die buurland, Busisiwe Mkhwebane, het aan President Cyril Ramaphosa redes verstrek waarom hy haar nie moet skors hangende die parlementêre ondersoek oor haar geskiktheid vir haar amp nie. Die president het die redes in Maart aangevra nadat die speaker van die Nasionale Vergadering, Nosiviwe Mapisa-Nqakula, bevestig het ‘n Artikel 194-komitee gaan die mosie vir Mkhwebane se verwydering oorweeg. Die waarnemende woordvoerder in die Presidensie, Tyrone Seale, sê Ramaphosa sal nou die beskermer se antwoord oorweeg.