Namibiese onderwysministerie reageer op VN se Onderwysberaad

Met inagneming van die wêreldwye onderwys-uitdagings, het die Verenigde Nasies se sekretaris-generaal Antonio Guterres aangekondig dat die Transformasie Onderwysberaad tydens die 77ste sessie van die Verenigde Nasies se Algemene Vergadering in September gehou sal word. Die beraad sal ‘n hoëvlakvergadering wees wat ‘n geleentheid sal bied om groter politieke ambisie te mobiliseer, en die onderwyssektor se vordering met die 2030-agenda te versnel. Die adjunk-uitvoerende direkteur in die Namibiese onderwysminsiterie, Edda Bohn, gesels met Kosmos 94.1 Nuus.