Max Verstappen wil sy voorsprong by Monaco vergroot

Die huidige Formule Een-wêreldkampioen, Max Verstappen, sê hy is vasbeslote om die naweek sy voorsprong in die bestuurderskampioenskap by die Monaco Grand Prix te vergroot. Die Red Bull-bestuurder het die laaste drie wedrenne gewen en het verlede naweek by die Spaanse Grand Prix die vorige voorloper, Charles Leclerc van Ferrari, op die ranglys verbygesteek. Verstappen sê die wegspringposisie is bepalend in Monaco omdat dit baie moeilik is om op die smal baan verby te steek.