DA: Deel van Pretoria-Sentraal-polisiestasie gaan in duie stort

Die DA sê dele van die Pretoria-Sentraal-polisiestasie verkeer in gevaar om in duie te stort aangesien daar geen onderhoud gedoen is vir minstens 30 jaar nie. Die party-lid, Dorianne Arendse, sê polisiebeamptes en lede van die publiek moet toegang hê tot ‘n polisiestasie wat ten volle voldoen aan die Wet op Beroepsgesondheid en -veiligheid. Arendse het die LUR vir infrastruktuurontwikkeling, Tasneem Motara, versoek om te verseker ‘n behoorlike opgradering van die stasie word dringend uitgevoer.