Inkopiesentrums sal begin swaarkry met heersende ekonomiese uitdagings
‘n Suid-Afrikaanse eiendomstrateeg, John Loos, voorspel verbruikers gaan al hoe meer groot inkopiesentrums vermy weens die styging in lewenskoste.Volgens Loos gaan die stygings in brandstofpryse ook ‘n invloed hê op hoe ver mense sal ry om hulle goedere te koop. Groter winkelsentrums sal die impak voel want hulle fokus is minder op kruideniersware en meer […]
Trump raadgewer vir minagting aangekla
‘n Federale jurie het Peter Navarro, die voormalige raadgewer van die voormalige president Donald Trump van minagting van die Kongres aangekla. Navarro het geweier om sy samewerking vir die Huis van Verteenwoordigers se komitee te gee wat verlede jaar se aanval op die Amerikaanse Capitol Hill ondersoek. Hy staan tereg op twee aanklagte van minagting, […]
Franse Ope: Dis Nadal teen Ruud, na Zverev-besering
Rafael Nadal het gister op sy 36ste verjaardag na die eindstryd van die Franse Ope op die ongelukkigste wyse deurgedring. Sy teenstander in die halfeindstryd, Alexander Zverev, het ‘n enkelbesering opgedoen wat hom van pyn laat skreeu het. Die wedstryd was toe op 7-6 en 6-elk, maar die Duitser moes die baan in ‘n rystoel […]
Olieprys bly hoog…
Die Brent ru-olieprys bly hardnekkend hoog en het rondom 121 Amerikaanse dollar per vat afgesluit. Dit is ten spyte daarvan dat Opul en sy vennote ingestem het om uitset met 648 000 vate per dag per maand in Julie en Augustus te verhoog eerder as die 432 000 vate soos voorheen ooreengekom. Die mark meen […]
DA wil weet oor Cyril-miljoene
Die DA gaan ‘n geskrewe versoek aan die kommissaris van die Suid-Afrikaanse Inkomstediens en die Suid-Afrikanse Reserwebank rig om die beweerde diefstal van 60 miljoen Suid-Afrikaanse rand in kontant by president Cyril Ramaphosa se plaas in Limpopo te ondersoek. Ramaphosa het onder skoot gekom na aantygings deur die Staatsveiligheidsagentskap se voormalige direkteur-generaal, Arthur Fraser. Die […]
Egipte wil Indiese koring vir kunsmis verruil
Indië en Egipte is in gesprek om koring vir kunsmis te ruil te midde van groeiende voedselvoorraad-tekorte. Vir die moontlike ooreenkoms sal Indië koring na Egipte uitvoer en kunsmis en ander produkte in ruil daarvoor kry. Dit is volgens die Egiptiese minister van voorsiening, Aly El-Moselhy. ‘n Vergadering is die afgelope week gehou vir ‘n […]
Hitte-toestande duur voort aan die kus
Volgens Odillo Kgobetsi van die weerdiens in die hoofstad kan warm toestande steeds oor dele van die kus verwag, asook sterk oostelike winde. Oor dele van die binneland word warm toestande verwag en matige weer oor dele van die Suide. Kgobetsi sê aan Kosmos 94.1 Nuus hoe die weer oor die naweek lyk.
Papiertekorte het plaaslik vererger
Kosmos 94.1 Nuus het vroeër berig dat Windhoek Stationers besig was om gereed te maak vir ‘n tekort aan papier weens die vloede in KwaZulu-Natal wat die voorsieningsketting-uitvoer na verskeie lande, insluitend Namibië, beïnvloed het. ’n Maatstaf wat Suid-Afrikaanse vervaardiging-sentiment meet, het in April die meeste gedaal nadat die ergste vloede in byna drie dekades […]
INMED spreek voedselonsekerheid op Afrika-grondslag aan
Die wêreldwye nie-regerings-organisasie INMED- Vennootskappe vir Kinders het ‘n projek van stapel gestuur wat streef na die verbetering van voedselsekerheid in Afrika. Die direkteur van INMED-Suid-Afrika, Unathi Sihlahla, sê INMED-akwaponika, ‘n aanpasbare landboumetode, bring visteëlery en grondlose oesproduksie byeen in ‘n geslote stelsel wat 90 persent minder water as tradisionele landbou gebruik. Dit gebruik ook […]
Amber will appelleer, het ook nie geld om Depp te betaal nie…
Amerikaanse media berig dat die voormalige vrou van Johnny Depp, Amber Heard, van voornemens is om te appelleer teen die Virginia-hof se beslissing dat sy 10 miljoen Amerikaanse dollar aan Depp vir laster moet betaal. Volgens haar regspan is baie inligting, wat veroorsaak het dat Depp dieselfde saak in Brittanje verloor het, nie by die […]