Inkopiesentrums sal begin swaarkry met heersende ekonomiese uitdagings

‘n Suid-Afrikaanse eiendomstrateeg, John Loos, voorspel verbruikers gaan al hoe meer groot inkopiesentrums vermy weens die styging in lewenskoste.
Volgens Loos gaan die stygings in brandstofpryse ook ‘n invloed hê op hoe ver mense sal ry om hulle goedere te koop. Groter winkelsentrums sal die impak voel want hulle fokus is minder op kruideniersware en meer op luuksegoedere gerig. Hy sê nie-noodsaaklikhede soos uiteet, bioskope en luukse klere sal moet terugstaan: