Olieprys bly hoog…

Die Brent ru-olieprys bly hardnekkend hoog en het rondom 121 Amerikaanse dollar per vat afgesluit. Dit is ten spyte daarvan dat Opul en sy vennote ingestem het om uitset met 648 000 vate per dag per maand in Julie en Augustus te verhoog eerder as die 432 000 vate soos voorheen ooreengekom. Die mark meen dat dié verhoging nie soveel sal bydra tot wêreldwye aanbod nie, wat behoort te verskerp namate China Covid-beperkings verlig. Amerikaanse President Joe Biden sal binnekort na Saoedi-Arabië reis om, onder andere, gesprekke te voer oor hoe om druk op die olieprys te verlaag.