Trump raadgewer vir minagting aangekla

‘n Federale jurie het Peter Navarro, die voormalige raadgewer van die voormalige president Donald Trump van minagting van die Kongres aangekla. Navarro het geweier om sy samewerking vir die Huis van Verteenwoordigers se komitee te gee wat verlede jaar se aanval op die Amerikaanse Capitol Hill ondersoek. Hy staan tereg op twee aanklagte van minagting, een vir sy versuim om dokumente te oorhandig wat die komitee geëis het, en die ander een vir versuim om op te daag vir beëdigde getuienis voor die Huis se ondersoekkomitee. Indien Navarro op albei aanklagte skuldig bevind word, kan hy tot twee-jaar tronkstraf en ‘n boete van tot 3 miljoen Namibiese dollar opgelê word.