Amber will appelleer, het ook nie geld om Depp te betaal nie…

Amerikaanse media berig dat die voormalige vrou van Johnny Depp, Amber Heard, van voornemens is om te appelleer teen die Virginia-hof se beslissing dat sy 10 miljoen Amerikaanse dollar aan Depp vir laster moet betaal. Volgens haar regspan is baie inligting, wat veroorsaak het dat Depp dieselfde saak in Brittanje verloor het, nie by die Amerikaanse saak na vore gebring nie. Berigte lui dat regskenners meen tot 90 persent van alle appèlsake in die VSA misluk. Daar is ook berigte dat Heard nie die fondse het om Depp te betaal nie. Depp moet 2 miljoen Amerikaanse dollar aan haar betaal, volgens die hof se beslissing.