DA wil weet oor Cyril-miljoene

Die DA gaan ‘n geskrewe versoek aan die kommissaris van die Suid-Afrikaanse Inkomstediens en die Suid-Afrikanse Reserwebank rig om die beweerde diefstal van 60 miljoen Suid-Afrikaanse rand in kontant by president Cyril Ramaphosa se plaas in Limpopo te ondersoek. Ramaphosa het onder skoot gekom na aantygings deur die Staatsveiligheidsagentskap se voormalige direkteur-generaal, Arthur Fraser. Die DA-leier, John Steenhuisen, doen ‘n beroep op die Inkomstediens om vas te stel of die beweerde miljoene dollars verklaar is. Hy sê die giftige binnegevegte in die ANC kan nie toegelaat word om ‘n demokratiese en welvarende land te vernietig nie: