Franse Ope: Dis Nadal teen Ruud, na Zverev-besering

Rafael Nadal het gister op sy 36ste verjaardag na die eindstryd van die Franse Ope op die ongelukkigste wyse deurgedring. Sy teenstander in die halfeindstryd, Alexander Zverev, het ‘n enkelbesering opgedoen wat hom van pyn laat skreeu het. Die wedstryd was toe op 7-6 en 6-elk, maar die Duitser moes die baan in ‘n rystoel verlaat. Nadal meet more kragte met Casper Ruud, wat Maric Cillic van Kroasië met 3-6, 6-4, 6-2 en 6-2 geklop het. Dit is die 23-jarige Noorweër se eerste Grand Slam-eindstryd. In vandag se vroue-eindstryd sê die wêreld se nommer-een-speler, Iga Swiatek die stryd aan teen die Amerikaanse tiener Coco Gauff.