INMED spreek voedselonsekerheid op Afrika-grondslag aan

Die wêreldwye nie-regerings-organisasie INMED- Vennootskappe vir Kinders het ‘n projek van stapel gestuur wat streef na die verbetering van voedselsekerheid in Afrika. Die direkteur van INMED-Suid-Afrika, Unathi Sihlahla, sê INMED-akwaponika, ‘n aanpasbare landboumetode, bring visteëlery en grondlose oesproduksie byeen in ‘n geslote stelsel wat 90 persent minder water as tradisionele landbou gebruik. Dit gebruik ook nie kunsmis nie. Sihlahla sê hulle het tans persele in die Vrystaat, Gauteng, die Oos- en die Noord-Kaap.