Stormers en Bulle deur na VRK halfeindstryd
Die Stormers is die gashere vir Ulster in die Verenigde Rugbykampioenskap se een halfeindstryd volgende naweek. Hulle het Edinburgh gisteraand voor ‘n rasend-opgewonde Kaapstadse skare met 28-17 geklop. Die Bulle kon gister in ‘n vroeëre kragmeting eers ná die einde van die amptelike speeltyd daarin slaag om die Haaie naelskraap met 30-27 in ‘n spannende […]
Nuwe program vir wildmisdaad, -konflik van stapel gestuur
Die Namibiese ministerie van die omgewing sal môre sy nuwe plan vir mens-dier konflik en wildmisdaad van stapel stuur. Volgens ‘n verklaring deur die ministerie se woordvoerder Romeo Muyunda, word ‘n nuwe geïntegreerde program, wat kyk na beide konflik met wilde diere en wildmisdaad in verskeie brandpunte regoor die land, geïmplementeer. Dit word saam met […]
Vandalisme van kraginfrastruktuur duur voort
Die vandalisme aan kraginfrastruktuur in Suid-Afrika blyk om geen einde te hê nie. Die Stad Tshwane doen nou ‘n beroep op inwoners om te help in die stryd teen daaglikse voorkoms daarvan. Noodsaaklike infrastraktuur is by die Nellmapius-substasie gesteel terwyl daar ook ‘n inbraak was by die Mahube-vallei-substasie in Mamelodi. Misdadigers het na bewering gesweisde […]
‘God se woede (Covid), is verby’- Museveni
President Yoweri Museveni van Uganda het Covid-19 vergelyk met die Bybelse “roede van woede”, en sê dat die land daarin geslaag het om deur die wêreldwye pandemie te kom as gevolg van Christelike leerstellings. Museveni het ook uit Jesaja aangehaal en gesê mense kan nou weer saam aanbid omdat God se toorn, wat hy as […]
Die Eagles se eendag internasionale reeks teen Hongkong begin vandag
Die Richelieu Eagles, onder leiding van Gerhard Erasmus, sal vanoggend om half-tien teen Hongkong te staan kom in die Castle Lite eendag internasionale reeks. Die reeks duur tot 12 Junie en vind op die United-sportgronde in die hoofstad plaas. Krieket Namibië se hoof uitvoerende beampte Johan Muller het met Kosmos 94.1 Nuus oor die reeks […]
Cyril-miljoene: Nam-owerhede sê ANC-regering het dit destyds ontken
Inligting wat verkry is deur amaBhungane, ‘n ondersoekende joernalistieke groep wat Namibiese media insluit, dui op ‘n toesmeerdery van die 2020-diefstal van sowat 4 miljoen Amerikaanse dollar in kontant vanaf President Cyril Ramaphosa se Phala Phala-wildplaas in Limpopo. Yanna Smith het die besonderhede. Daar word beweer dat die ANC-regering die voorval ontken het omdat Rhamaposa […]
Mercedes herroep 1m voertuie – dalk joune ook?
Die Duitse Mercedes-groep herroep meer as ‘n miljoen van sy voertuie na daar bevind is dat korrosie op die rempedaal moontlik daartoe kan lei dat remme heeltemaal ingee. Die voertuie, wat modelle is van 2004 tot 2015, is almal van die ML en GL sportnutsvoertuie. Van die 993 000 voertuie wat herroep word, is net […]
Koningin drink tee met Paddington tydens rock-konsert
Koningin Elizabeth het ‘n verrassing-verskyning gemaak in ‘n komedieskets met Paddington Bear tydens ‘n sterbelaaide Platinum Jubilee-konsert by Buckingham-paleis Saterdagaand in Londen. Paddington het by die monarg aangesluit in die opgeneemde skets voordat die popgroep Queen die konsert geopen het. Diana Ross, Sir Rod Stewart en Duran Duran was van die ander groot name wat […]
Officeconomix Goodwill Challenge ‘n reuse-sukses
Die Hage Geingbob-stadion in die hoofstad was Saterdagmiddag stampvol rugbyondersteuners wat vir die eerste keer in ‘n lang tyd, lekker rugby kon geniet. Die Officeconomix Goodwill Challenge, wat ‘n Vyftiental Blou Bull-span teen die Welwitschias aangebied het, was ‘n baie groot sukses. Jonger spelers het in beide spanne deelgeneem en die wedstryd het 47-12 in […]
Momentum vir 2024-verkiesing bou, koalisies moontlik, meen kenner
Die momentum vir die 2024 presidensiële verkiesing kom vinnig nader en politieke partye slyp hul politieke messe in ‘n poging om hul kandidaat in staatshuis te kry. Daar word egter voorspel dat die 2024-verkiesing nog die erg betwiste verkiesings ooit kan wees. Politieke ontleder, dr. Ndumba Kamwanyah, het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê dat dit […]